Darwinisme is 'n teorie van biologiese evolusie wat deur die Engelse natuurkundige, Charles Darwin, en andere ontwikkel is, wat bepaal dat alle spesies uit organismes ontstaan en ontwikkel is deur die natuurlike seleksie van klein, geërfde variante wat die indiwidu se vermoëns om mee te ding, te oorleef, en voort te plant, verhoog. Dit word ook die Darwinse teorie genoem, en het oorspronklik die breë konsepte van die transmutasie van spesies ingesluit wat algemeen aanvaar is in Darwin se boek, On the Origin of Species, in 1859. Dit het die konsepte ingesluit wat Darwin se teorieë vooruitgeloop, maar agterna verwys het na die spesifieke konsepte van natuurlike seleksie van die Weismann versperring, of in genetika van die sentrale dogma van molekulêre biologie.[1] Hoewel die term normaalweg streng na die biologiese evolusie verwys, is dit deur Kreasionisme bewillig om na die oorsprong van lewe (Abiogenese) te verwys, en dit is selfs by die konsepte van die kosmiese evolusie toegepas, hoewel nie een hiervan enige verbintenisse met Darwin se werk het nie. Dit word dus beskou as die siening en aanvaarding van Darwin en sy voorgangers se werk, in die plek van ander teorieë, insluitende goddelike ontwerp en buiteaardse oorsprong.[2][3]
Die Engelse bioloog, Thomas Henry Huxley, het in April 1860 die uitdrukking, Darwinisme, geskep.[4] Dit is gebruik om die evolusionêre konsepte in die algemeen te beskryf, insluitende die ouer konsepte wat deur die Engelse filosoof, Herbert Spencer, gepubliseer is. Talle van die voorstanders van Darwinisme van daardie tyd, insluitende Huxley, het hul bedenkinge gehad oor die betekenis van Natuurlike seleksie, en Darwin self het geloofwaardigheid hieraan gebied wat later bekend geword het as Lamarckisme. Die streng neo-Darwinisme van die Duitse evolusionêre bioloog, August Weisman, het maar weinig ondersteuners in die laat 19de eeu gehad. Rondom die tyd vanaf die 1880's tot 1920, wat soms as die "verduistering van Darwinisme" beskryf is, het wetenskaplikes met verskeie alternatiewe evolusionêre meganismes vorendag gekom wat totaal onaanvaarbaar was. Die ontwikkeling van die moderne evolusionêre sinteses vanaf die 1930's tot die 1950's, wat die natuuurkike seleksie met bevolkings-genetika en die Wette van Mendel ingesluit het, het Darwinisme in 'n opgedateerde vorm laat herleef.[5]
Hoewel die term Darwinisme bly voortbestaan onder die algemene publiek, as daar na die moderne evolusie- teorie verwys word, het al hoe meer wetenskapskrywers soos Olivia Judson en Eugenie Scott geargumenteer dat dit 'n onvanpaste verwysing na die moderne evolusie-teorie is.[6][7] Darwin het byvoorbeeld nie die werk van die Morawiese wetenskaplike en Augustynse monnik, Gregor Mendel, geken nie,[8] en het dus net 'n vae en onakkurate kennis van oorerwing gehad. Hy het natuurlik ook geen benul van latere teoretiese ontwikkelings gehad nie, en net soos die geval met Mendel, byvoorbeeld niks geweet van genetiese drywing nie.[9][10] Kreasioniste het dikwels in Amerika die term Darwinisme as 'n ongunstige uitdrukking gebruik met verwysing na veronderstellings soos wetenskaplike materialisme, maar in die Verenigde Koninkryk het die term geen negatiewe konnotasie gehad nie, en is vrylik as 'n snelskrif gebruik vir die hantering van die evolusie-teorie, en in besonder, met evolusie van natuurlike seleksie.[6]
What if the orbit of Darwinism should be a little too circular?